January 9, 2014

Stofskroppery

En dié nou, vra jy my?

Watse gekalkoenspelery is dit miskien?

Nee sien, dis sommer maar net ekke wat hier by my sigselwers koeloe-koeloe.

Het mos al 'n paar dekades oor die dale gekom sien–en–gaan, maar darem net een eeuwisseling beleef. Vroulief, maamie, oumaamie, suster -- dis my vele ververings. En my moederma en Gryspa, wag vir my in die hemel.

Kalkoentjie trap haar trap al so 'n paar jaar of wat in Nuweland.

Bowenal is die Here my Herder en Hy lei my -- orals en altyd, en by al die nesplekke langs. En Hy kan my nooit nie verloor nie.

~ Groete,
Loeloe


No comments:

Post a Comment